Fiksie

Soos Klokslag Cover

Soos Klokslag

Wanneer die liggaam van 地 pragtige jong meisie op die Seepuntse promenade gevind word, vermoed joernalis en deeltydse profielsamesteller vir die polisie, doktor Clare Hart, dat dit die werk is van 地 gewetenlose reeksmoordenaar. Namate nog lyke gevind word, word Clare gedwing om die wrede verkragting van haar tweelingsuster te herleef en word dit duidelik dat die bendes wat die misdaadtoneel in Kaapstad oorheers, hier ook 地 rol speel. Is daar 地 verband tussen die moorde en haar ondersoek na mensehandel, of is die moordenaar besig om 地 siek speletjie met haar te speel?

Soos klokslag is 地 donker, meesleurende spanningsverhaal wat die werklike euwels van pornografie en prostitusie in Suid-Afrika aan die kaak stel.

Die skrywer

Margie Orford, skrywer en eertydse rolprentmaker, was in 2003 地 Mondi-finalis vir 地 artikel in die tydskrif Marie Claire oor die handel in vroue om Suid-Afrika se seksbedryf te voorsien. Like Clockwork, haar eerste roman, het uit daardie ondersoek voortgespruit. Margie skryf sedert 1996 kinderverhale en het ook verskeie nie-fiksie publikasies die lig laat sien.

Trefpunte

Soos klokslag, die Afrikaanse vertaling van Like Clockwork, is die eerste titel in die Clare Hart-reeks. Like Clockwork is ook vertaal in Duits, Russies en Tsjeg.

Die Afrikaanse vertaling van Like Clockwork word vrygestel kort voordat die opvolgtitel in die reeks, Blood Rose, in Oktober 2007 verskyn.

Die feit dat die verhaal in Suid-Afrika afspeel, sal byval vind by plaaslike aanhangers van misdaadskrywers soos Ian Rankin, Cathy Reichs en Patricia Cornwall.

Lees Hersien  |  Lees Voorbeeld

Back to Books


 

 

E-mail: margie@margieorford.com  |  Agent: www.blakefriedmann.co.uk